Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verbeterde punte open deure tot tersiêre studie
Outeur: Anneke Müller
Gepubliseer: 08/01/2016

​​Die SciMathUS-klas van 2015 het ’n vakgemiddeld van 72% in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe behaal in verlede jaar se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.

Twintig persent van die klas het onderskeidings in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe verwerf en studente se prestasie het met 'n gemiddeld van 16 persentasiepunte verbeter nadat hulle die program gevolg het. 

SciMathUS (Science & Mathematics by die Universiteit Stellenbosch) is ʼn universiteitsvoorbereidingprogram wat deur die Stellenbosch Universiteit se Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) in die Fakulteit Opvoedkunde aangebied word.

Dit bied aan studente uit onderwysbenadeelde omstandighede ʼn tweede kans om hul matriekpunte te verbeter en te kwalifiseer vir toelating tot hoër onderwys. 

In dié jaar lange program kan studente hul NSS-punte in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe verbeter. Hulle kan ook kies om Rekeningkunde en Inleiding tot Ekonomie by die universiteit te volg.

In 2015 was die grootste verbetering 41 persentasiepunte in Wiskunde en 39 persentasiepunte in Fisiese Wetenskappe.  Die toppresteerder het bo 90% in sowel Wiskunde as Fisiese Wetenskappe behaal.

Met hierdie punte kan studente by enige tersiêre instansie aansoek doen. Die meeste van hulle het gekies om by die US verder te studeer.

"Sukses is binne bereik van elkeen wat bereid is om hard te werk", sê dr Trevor van Louw, die direkteur van SUNSEP. 

"Die bewys is hierdie groep se prestasie en ook die meer as honderd en vyftig studente wat sedert 2001 die program voltooi het en daarna gegradueer het: Twee van hulle met doktorsgrade en heelwat studente met meestersgrade of ander nagraadse kwalifikasies. Onder die 23 SciMathUS-studente wat in Desember 2015 by die US graad gekry het, is daar mediese dokters, onderwysers, rekenmeesters, fisioterapeute en spraakterapeute, om maar ʼn paar te noem."​

Wie mag aansoek doen?

2014 en 2015-matrieks wat nie aan die toelatingsvereistes vir hoër onderwys voldoen nie, en reeds Graad 12 met ʼn gemiddeld van 60% en ten minste 45% in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe geslaag het, mag nou aansoek doen vir toelating tot die program.  Die sluitingsdatum vir aansoeke is 22 Januarie 2016.

Studente het elke dag klas van 08:00 tot 16:30. Behalwe onderrig in die akademiese, leer die student ook Akademiese geletterdheid, denk- en rekenaarvaardighede aan. Studente leer ook om verantwoordelikheid vir hulle eie leer aan te neem, selfstandig te werk en wat die waarde van goeie tydsbestuur is.

Die aanlyn aansoekvorm is beskikbaar by www.sun.ac.za/suncep  Volg die skakel op die blad.

Voornemende aansoekers kan ook die program se faceboekblad besoek by https://www.facebook.com/SciMathus

Of skakel ons by 021 8082301 of 021 8083032.​

SciMathUS (Science & Mathematics by Stellenbosch Universiteit) is ʼn universiteitsvoorbereidingprogram. Dit bied aan studente uit onderwysbenadeelde omstandighede ʼn tweede kans om hul matriekpunte te verbeter en te kwalifiseer vir toelating tot hoër onderwys. Dit word aangebied deur Stellenbosch Universiteit se Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) in die Fakulteit Opvoedkunde.

In die jaarlange program kan studente hul NSS punte in Wiskunde- en Fisiese Wetenskappe verbeter. Hulle kan ook kies om Rekeningkunde en Inleiding tot Ekonomie by die universiteit te volg.

Studente het elke dag klas van 08:00 tot 16:30. Behalwe onderrig in die akademiese, leer die student ook Akademiese geletterdheid, denk- en rekenaarvaardighede aan. Studente leer ook om verantwoordelikheid vir hulle eie leer aan te neem, selfstandig te werk en wat die waarde van goeie tydsbestuur is.

2015-groep presteer uitstekend

Uit die 2015 klas, het 20% van die studente bo 80% in Wiskunde en in Fisiese Wetenskappe behaal. Die vakgemiddelde vir elk van die twee vakke is 72%. Studente se prestasie het met gemiddeld 16 persentasiepunte verbeter nadat hulle die program gevolg het. Die grootste verbetering in Wiskunde is 41 persentasiepunte en 39 persentasiepunte in Fisiese Wetenskappe.  Die toppresteerder het bo 90% in beide Wiskunde en Fisiese Wetenskappe behaal.

Met hierdie nuwe prestasie, kan studente by enige tersiêre instansie aansoek doen. Die meeste van hulle het reeds gekies om by Stellenbosch Universiteit verder te studeer.

“Sukses is binne bereik van elkeen wat bereid is om hard te werk”, sê dr Trevor van Louw, die direkteur van SUNSEP. “Die bewys is hierdie groep se prestasie en ook die meer as ʼn honderd en vyftig studente wat die program sedert 2001 gevolg het, wat al gegradueer het.  Twee daarvan met doktorsgrade en heelwat studente met meestersgrade of ander nagraadse kwalifikasies. Van die 23 studente wat in Desember 2015 by die US graad gekry het, is daar mediese dokters, onderwysers, rekenmeesters, fisioterapeute, spraakterapeute, om maar ʼn paar te noem.”

Wie mag aansoek doen?

2014 en 2015-matrieks wat nie aan die toelatingsvereistes vir hoër onderwys voldoen nie, en reeds Graad 12 met ʼn gemiddeld van 60% en ten minste 45% in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe geslaag het, mag nou aansoek doen vir toelating tot die program.  Die sluitingsdatum vir aansoeke is 22 Januarie 2016.

Die aanlyn aansoekvorm is beskikbaar by www.sun.ac.za/suncep  Volg die skakel op die blad.

Voornemende aansoekers kan ook die program se faceboekblad besoek by https://www.facebook.com/SciMathus

Of skakel ons by 021 8082301 of 021 8083032.

Foto: Dr Trevor van Louw, direkteur van SUNSEP (links) saam met van SciMathUS se toppresteerders Unarine LefosaMbalentle Jack, Lionel Appel en Naadirah Shaik by 'n toekenningsfunksie wat in 2015 aangebied is. By hulle is me Elza Lourens, fasiliteerder in Fisiese Wetenskappe (regs).