Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
EBW Visedekaan: Leer en Onderrig reflekteer na 13 veelbewoë jare
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 05/07/2024
After successfully serving as Vice-Dean: Learning and Teaching, Faculty of Economic and Management Sciences (EMS) for 13 eventful years, Prof Ronel du Preez-Snyman’s third and final term ended on Friday, 28 June 2024.

‘Ek sal die kameraadskap mis om saam aan moeilike kwessies te werk; die geleentheid om 'n verskil in iemand se lewe te kon maak en die opwinding wat 'n nuwe dag bring.’

Prof Ronel du Preez-Snyman, se derde en laaste termyn as Visedekaan: Leer en Onderrig het op Vrydag 28 Junie 2024 geëindig. Dit ná 13 suksesvolle en veelbewoë jare. 13 suksesvol en veelbewoë jare.

Gedurende haar drie termyne (2 x 5 jaar en 1 x 3 jaar) het Du Preez-Snyman geskiedenis gemaak as die eerste Visedekaan: Leer en Onderrig in die EBW Fakulteit en as slegs die tweede een aan die Universiteit Stellenbosch (US).

Sy sal nou na die buiteland reis om by 'n bemarkingskonferensie aan te bied en daarna 'n paar weke lank aan akademiese vernuwingsprojekte by die Departement Bedryfsielkunde te werk waar sy haar loopbaan by die US begin het. Daarna sal sy met navorsingsverlof wees tot haar aftrede op 30 Junie 2025. Wanneer sy aftree, sal sy al 37 jaar in diens van die US wees.

As die eerste Visedekaan (Leer en Onderrig) in die fakulteit het Du Preez-Snyman stelsels en strukture in plek gestel wat die Fakulteit se onderrig- en leerprosesse ontwikkel het tot waar dit vandag as 'n voorbeeld van goeie praktyk beskou word.

Maar sy weier om alleen krediet vir hierdie prestasies te neem en sê: “Ek het uitstekende mense in my span gehad wat my baie ondersteun het. Medewerkers wat my visie gedeel het om EBW die beste fakulteit te maak en een wat betekenisvol tot die US kon bydra. Die spanwerk, ondersteuning en aanmoediging van personeel, veral die onderrig- en leersentrumspanlede, het die wêreld vir my beteken.”

Gedurende haar loopbaan het sy tot talle taakspanne bygedra wat 'n aantal inisiatiewe ontwikkel het wat onderrig en leer aan die US erken en beloon het. Een van daardie inisiatiewe is die Topdosenttoekenning en die ontwikkeling van onderrig- en leerloopbaanpaaie binne die Universiteit.

Die implementering van die assesseringsreëls in die Fakulteit was nog 'n mylpaal aangesien “dit het leierskap, ondersteuning van die personeel en voortdurende hersiening vereis het.” Sy beskou die implementering van die OPTIMUS-program vir die Fakulteit se top voorgraadse studente as “'n belegging in ons toppresterende studente se toekoms”.

'n Aantal studente-ondersteuningsinisiatiewe en suksesvolle befondsingsaansoeke van die universiteit se kapasiteitsontwikkelingsprogram het grootliks tot kurrikulum- en akademiese vernuwingsinisiatiewe in die Fakulteit bygedra. 'n Voorbeeld hiervan is die ontwikkeling en bekendstelling van die BCom (Internasionale Besigheid)-program, die enigste voorgraadse program met 'n ses maande lange internasionale uitruilsemester.

“Die skuif na noodafstandsonderrig- en leerassessering (ERTLA) en later na aangevulde afstandsonderrig- en leerassessering (ARTLA) tydens die COVID-19-pandemie, was ook 'n reusetaak,” sê Du Preez-Snyman. “Maar ons het goeie leierskap en spanwerk gehad om die Fakulteit en studente in daardie tye van onsekerheid te lei.”

Vanuit 'n persoonlike perspektief sê die professor in Bedryfsielkunde dat dit 'n groot voorreg was om onderrig te kon gee, navorsing te kon doen (NNS-gradering) en terselfdertyd haar rol as Visedekaan (Leer en Onderrig) te kon vervul. Die Kanselierstoekenning (Onderrig en Leer) in 2016 was nog 'n hoogtepunt in haar loopbaan.

Sy loop oor van dankbaarheid teenoor die Universiteit en fakulteitspersoneel wat haar reis so 'n wonderlike een gemaak het.

“Ek kyk terug en ek is baie dankbaar dat ek mense (kollegas, vriende en familie) gehad het wat in my geglo het en my deurgaans ondersteun het. Ek is dankbaar vir die geleenthede wat ek by die US gehad het en ek wens die Fakulteit en Universiteit alles van die beste toe.”

Sy voeg by: “Ek sal so baie dinge mis. Ek was baie lief vir my werk. Ek sal my kollegas mis van wie baie goeie vriende geword het oor my 37 jaar by die US, die studente en die geleentheid om by hulle te kon leer (hulle hou jou jonk!). Ek sal die kameraadskap mis om saam aan moeilike kwessies te werk; die geleentheid om 'n verskil in iemand se lewe te kon maak deur (hopelik) goeie besluite en die opwinding wat 'n nuwe dag bring. My werk het grootliks bygedra tot 'n doelgerigte lewe.”

Na haar aftrede beoog Du Preez-Snyman om aktief te bly as navorsingsgenoot en om in uitgewery en die studieleiding van student betrokke te raak. Sy wil ook graag bydra tot onderrig- en leerprojekte aan die US en die breër hoëronderwyslandskap. Sy beoog ook om haar konsultasiewerk as verbruikersielkundige verder te ontwikkel.