Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SUNLearn 2024
SUNLearn 2024 Module Oorrol
Outeur: Thys Murray
Gepubliseer: 31/10/2023

Beste SUNLearn fasiliteerders (1-11-2022)

Dit is weer sulke tyd van die jaar om 2023 af te sluit en te begin met die oorrol proses om modules vir 2024 te aktiveer. Soos tevore word alle geregistreerde 2024 modules reeds op SUNLearn geskep sonder om versoek te word. Studente word dan tydens registrasie outomaties vir hierdie modules gelaai en dosente kan besluit of hulle van die module spasie gebruik wil maak of nie.

Ten opsigte van die inhoud:

  • Alle inhoud (behalwe Turnitin skakels) van alle geregistreerde 2023 modules word oorgedra na hul dienooreenkomstige 2024 module. Al hierdie modules word van studente versteek tot die aanvang van klasse (Gesondheidswetenskappe se modules word vroeër sigbaar gemaak vir wanneer hul studente begin). Indien inhoud steeds ná die aanvang van klasse versteek moet wees (bv. in die geval van tweede semester modules), kan dit per item of per onderwerp / afdeling (topic / section) geskied.
  • Alle personeel word vir 2024 modules gelaai soos hulle vir 2023 gelaai was.
  • Versuim asb. om 2023 modules in hierdie periode op te dateer. Dit is moontlik dat personeel 2023 inhoud kan op dateer nadat​ ons reeds die inhoud van ’n spesifieke module oorgedra het.

Deur vooraf hierdie proses so te benader verwag ons om bykans die hele oorrol proses in die kortste tyd moontlik af te handel.

  • Ons is egter natuurlik daarvan bewus dat nie alle fasiliteerders die vorige jaar se inhoud oorgedra wil hê nie. In hierdie geval stel ons voor om die inhoud per item of per onderwerp / afdeling te versteek.
  • Indien ander modules se inhoud vereis word, bv. 2022 inhoud, in stede van 2023, kontak die Leertegnologieë hulptoonbank.
  • Indien enige fasiliteerders gelaai of verwyder moet word, kontak die Leertegnologieë hulptoonbank.
  • Indien ’n module se kode verander het sal ons nie die 2023 inhoud na die nuwe 2024 kode kan oordra nie. Kontak asb. die Leertegnologieë hulptoonbank om ons in kennis te stel van enige kode veranderings.
  • Ons gaan nie nie-geregsitreerde modules (modules wat nie in die jaarboek verskyn nie) oorrol nie. Dit sluit in die meerderheid van alle MT-metamodules. Versoek asb. die oorrol van hierdie modules nadat die oorrol proses afgehandel is deur die Leertegnologieë hulptoonbank te kontak.

Die proses gaan nou as volg verloop:

  1. Ons is tans besig om alle inhoud van 2023 na 2024 oor te dra.
  2. Sodra hierdie klaar is sal ons alle 2023 fasiliteerders vir die 2024 modules laai.

Elke stap in die proses sal op die SUNLearn Instrumentpaneel (Dashboard) bekendgemaak word.

Vriendelike groete

Die Leertegnologieë Ondersteuning- (SUNLearn) span
https://learnhelp.sun.ac.za​
021 808 2222