Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Breaking Boundaries @BMNI-geleentheid
Begin: 14/04/2023, 19:00
Einde: 14/04/2023, 20:00
Kontak:BMNI-konferensiesentrum, Universiteit Stellenbosch Tygerbergkampus, Parow -
Plek: BMRI Conference Venue, Stellenbosch University Tygerberg Campus, Parow

​Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe nooi alumni om ons Breaking Boundaries @BMNI-geleentheid by te woon. Hierdie is 'n onafhanklik-georganiseerde byeenkoms wat deel vorm van die inhuldiging van ons wêreldklas Biomediese Navorsingsinstituut op die Tygerbergkampus.

Breaking Boundaries @BMNI word bestuur deur die Fakulteit se bestuurspan en is daarop gemik om jou te betrek by die onderwerp, Improving lives with breakthrough science. Die doel is om leer en betrokkenheid te bevorder deur die deel van insiggewende idees. Agt gerespekteerde Suid-Afrikaanse denkleiers staan gereed om nuwe en interessante menings oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe te deel en dit sal wonderlik wees as jy by ons kan aansluit.

Besonderhede is soos volg:

Datum: Vrydag 14 April 2023

Tyd: 19:00

Plek: BMNI-konferensiesentrum, Universiteit Stellenbosch Tygerbergkampus, Parow

Koste: R50 (KLIK HIER om jou kaartjies te koop)