Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Openbare lesing: Die wetenskap agter die 2021 Nobelpryse
Begin: 28/10/2021, 18:00
Einde: 28/10/2021, 19:30
Kontak:Dr Pieter Neethling -
Plek: MS Teams meeting

Die US se Fakulteit Natuurwetenskapppe nooi u vriendelik uit na die sesde jaarlikse lesing oor "Die wetenskap agter the 2021 Nobelpryswenners in Fisika, Chemie en Fisiologie en Geneeskunde".

 Click here to join the meeting

Program

Die 2021 Nobelprys in Fisika is toegeken aan Syukuro Manabe, Klaus Hasselmann en Giorgio Parisi vir hul deurslaggewende bydraes tot ons begrip van komplekse sisteme.

Spreker: Prof Kristian Müller-Nedebock, Departement Fisika

Die 2021 Nobelprys in Chemie is toegeken aan Benjamin List en David MacMillan vir hul geniale bydra tot die bou van molekules.

Spreker: Prof Gareth Arnott, Departement Chemie en Polimeerwetenskap

Die 2021 Nobelprys in Fisiologie of Geneeskundeis toegeken aan David Julius en Ardem Patapoutian vir die ontdekking van reseptore vir temperatuur en gevoel.

Spreker: Prof Ben Loos, Departement Fisiologiese Wetenskap

​Die Nobelprys lesings word met trots aangebied deur die US se Departement Fisika, Fisiologiese Wetenskap en Chemie en Polimeerwetenskap