Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#SmartResearcher Biblioteekwebinare - Maart
Begin: 01/03/2021, 11:00
Einde: 31/03/2021, 11:00
Kontak:Marié Roux - 0218089917
Plek: Online

​Die Biblioteek se #SmartResearcher werkswinkels sal voortgaan om in webinar formaat aangebied te word in 2021. Maart se webinare begin met Nuttige hulpmiddele en toepassings vir navorsing, daar sal ook twee induksie sessies aangebied word vir nuwe nagraadse studente en akademiese personeel, sowel as twee webinare oor navorsingsdatabestuur. Die Mendeley werkswinkels is steeds baie gewild en word elke maand aangebied. Jy kan egter ook elke week hulp vind by die korter Mendeley Mondays webinare. Die laaste webinar van die maand sal handel oor hoe om tesisse te formateer in MS Word.

Sien asseblief die volledige program hier of bespreek deur middel van die Biblioteek se Opleidingskalender.