Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skryfmarathon
Begin: 21/09/2020, 09:00
Einde: 21/09/2020, 16:00
Kontak:Selene Delport -
Plek: MS Teams

Soms is dit moeilik om genoegsame tyd opsy te sit om te skryf en ʼn skrywer kan maklik momentum verloor. Om jou te help om weer skryfmomentum op te tel, bied die Skryflab ʼn skryfmarathon aan. Kom spandeer gerus die dag saam met ons waar jy die geleentheid sal hê om in ʼn ondersteunende omgewing aan jou tesis, voorstel of artikel te werk. Ons begin met ʼn paar opwarmingsoefeninge om jou op dreef te kry en ʼn fasiliteerder sal deurgaans beskikbaar wees om jou te help.

Volledige inligting en die inskrywingsvorm kan van die Taalsentrum se Webwerf afgelaai word. Om jou plek in die marathon te verseker, e-pos asseblief jou voltooide inskrywingsvorm aan Celestia February by februaryc@sun.ac.za