Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Effektiewe Mediakommunikasie
Begin: 02/08/2024, 10:00
Einde: 11/10/2024, 12:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Our courses combine live online sessions, which are facilitated by the course presenter, with self-directed online learning.

Waarop fokus hierdie kursus?

Hierdie aanlyn kursus, wat in Engels aangebied word deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, ​sal jou blootstel aan die jongste tegnieke om doeltreffend en met selfvertroue vir verskillende sosialemediaplatforms te skryf. 

Jy sal leer om jou storie effektief oor te dra met taalgebruik wat verstaanbaar is, jou skryfstyl verbeter en meer oor effektiewe skryfstrategieë en ‑tegnieke leer. Jy sal ʼn oorsig oor etiese vraagstukke kry en verstaan hoe belangrik akkuraatheid en feitelike korrektheid is. 

ʼn Sertifikaat van bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

As jy persverklarings, promosiemateriaal, publikasies en blogs skep, is hierdie kursus net die ding vir jou!

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.​

Is daar enige voorvereistes?

Hierdie is nie ʼn intreevlakkursus nie en naskoolse opleiding in joernalistiek of werksondervinding in hierdie veld word sterk aanbeveel.

Jy sal ʼn rekenaar moet hê wat ons aanlyn platforms (MS Teams en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.

Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?

Ons kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Hierdie aanlyn kursus open voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste regstreekse aanlyn sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.

 Regstreekse aanlyn sessies

(10:00 tot 12:00)

Duur van die kursus

(openings- en sluitingsdatums)

Skryf in voor
Kursus 1: 23, 30 Augustus, 6, 13, 20 en 27 September2 Augustus tot 11 Oktober​2 Augustus

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:

  • twee uur per week op ʼn regstreekse aanlyn sessie
  • ongeveer vyf uur per week op leeswerk, of om take of vasvra-take, aktiwiteite en opdragte

Wat kos die kursus?

Die kortkursusfooi is R5 885 per deelnemer, wat kursusmateriaal, assesserings, regstreekse aanlyn sessies met jou aanbieder en toegang tot die aanlyn platforms insluit.

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer ʼn minimum van tien kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.

Stel jy belang?

Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. ​​Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.​

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.​