Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gradeplegtighede: 2 - 5 April 2019
Begin: 02/04/2019, 17:00
Einde: 05/04/2019, 10:00
Kontak: -
Plek: Stellenbosch University

BELANGRIKE KENNISGEWING VIR ALLE GRADUANDI

Graduandi moet asseblief kennis neem van die volgende inligting VOORDAT reisreëlings vir familie en vriende getref word om gradeplegtighede by te woon. Die Universiteit Stellenbosch (US) kan ongelukkig nie addisionele gaste-sitplekkaartjies waarborg om voorsiening te maak vir vooruit-bespreekte vlugte en akkommodasie vir meer as die toegelate aantal gaste per kandidaat nie. Sulke besprekings word op eie risiko onderneem. Daar word van graduandi verwag om deeglik kennis te neem van al die relevante inligting wat betrekking het op hulle gradeplegtighede. Die Universiteit Stellenbosch stuur vroegtydig 'n gradekennisgewing per epos uit aan alle potensiële graduandi, en 'n skakel na die gradeplegtigheid-inligtingsblad sal in Februarie 2019 op die onderste helfte van die US se tuisblad geaktiveer word: www.sun.ac.za

Sitplek in die Coetzenburg Sentrum is beperk aangesien die Universiteit Stellenbosch aan nasionale wetgewing en munisipale ordonnasies moet voldoen. Die lokaal mag nie meer as 3 000 individue op een slag akkommodeer nie. Daarom ontvang elke kandidaat tot op honneursvlak twee gaste-sitplekkaartjies; tot op meestersvlak drie sitplekkaartjies en op doktorale vlak, vier sitplekkaartjies elk.

 

  • Bykomende gaste kan die gradeplegtighede aanlyn volg vanuit die oorlooplokale in die Sportwetenskap-gebou. As daar teen die begin van 'n plegtigheid nog sitplek in die Coetzenburg Sentrum beskikbaar is, sal die ooreenstemmende aantal gaste na die Sentrum oorgeplaas word. Dit kan egter nie gewaarborg word nie, aangesien dit bepaal sal word deur die werklike aantal graduandi by 'n spesifieke plegtigheid.
  • Bykomende gaste-sitplekkaartjies kan ongelukkig nie vooruit uitgereik word nie, maar bykomende gaste sal in die oorlooplokale kan sitplek inneem en oorgeplaas word na die Sentrum mits omstandighede dit toelaat.
  • Alle gaste – ook diegene met sitplekkaartjies – wat na die begin van 'n gradeplegtigheid opdaag, sal na die oorlooplokale verwys word indien daar nie meer sitplek in die Coetzenburg Sentrum beskikbaar is nie. Sitplek kan nie vir laatkommers gereserveer word nie, buiten in uitsonderlike gevalle waar gaste om mediese redes nie 'n volle plegtigheid kan bywoon nie, en die nodige reëlings vooraf getref word.
  • Voorskoolse kinders behoort liewer nie gradeplegtighede by te woon nie. Ouers met babas en kleuters word aangeraai om in een van die oorlooplokale sitplek in te neem.
  • Alle kinders wat gradeplegtighede in die Coetzenburg Sentrum bywoon, ook dié jonger as 12, moet in besit wees van 'n gaste-sitplekkaartjie, aangesien die maksimum aantal individue (volwassenes en kinders) in die lokaal vir veiligheidsredes nie 3 000 mag oorskryf nie. Al sit 'n kind op 'n ouer se skoot, word hy/sy as 'n individue getel, en benodig daarom 'n eie sitplekkaartjie.
  • As 'n groep gaste met kinders arriveer sonder die nodige aantal gaste-sitplekkaartjies (dus een per persoon), en die kinders is te jonk om sonder toesig in 'n oorlooplokaal te gaan sit, sal daar van 'n ouer (of albei ouers) verwag word om die kinders na die Sportwetenskap-gebou te vergesel.

 

SKEDULE VIR GRADEPLEGTIGHEDE: 2 – 5 APRIL 2019

DATUM EN TYDPLEGTIGHEID

1.      DINSDAG  2  APRIL  2019 (17:00)

(Graduandi moet 15:00 aanmeld, reeds in besit van akademiese drag)

(Gradeplegtigheid begin om 17:00)

AgriWetenskappe
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

2.      WOENSDAG  3  APRIL  2019 (10:00)

(Graduandi moet 08:00 aanmeld, reeds in besit van akademiese drag)

(Gradeplegtigheid begin om 10:00)

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe:

Dipl in Openbare Verantw, ND Besigheidsbest en Admin, ND Dispuutbeslegting, ND Fin Beplanning, ND Leierskapontw, ND Omgewingsbest, ND Ontwikkelingsfinansies, ND Projekbestuur, ND Toekomsstudie, ND Volhoubare Ontwikkeling, HonsBCom (maar slegs Openbare en Ontwikkelingsbest), HonsBPA, MPhil (Bestuurs-afrigting, Omgewingsbest, Ontwikkelingsfin, Toekomsstudie, Volhoubare Ontwik), MPA, MBA, PhD (Bestuurskool)

3.      WOENSDAG  3  APRIL  2019 (17:00)

(Graduandi moet 15:00 aanmeld, reeds in besit van akademiese drag)

(Gradeplegtigheid begin om 17:00)

Teologie
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, maar slegs BRekLLB, BRek, HonsBRek en MRek
Ingenieurswese

4.      DONDERDAG 4  APRIL  2019 (10:00)

(Graduandi moet 08:00 aanmeld, reeds in besit van akademiese drag)

(Gradeplegtigheid begin om 10:00)

Ekonomiese & Bestuurswetenskappe:

ND Akt Wet, ND Bemarking, ND MIV/Vigsbest, ND Vervoer en Log, BCom (ingesluit Regsgeleerdheid), HonsBCom (maar nie Openbare en Ontwikkelingsbest nie), MCom, MPhil, PhD (Stellenbosch)

5.      DONDERDAG  4  APRIL  2019 (17:00)

(Graduandi moet 15:00 aanmeld, reeds in besit van akademiese drag)

(Gradeplegtigheid begin om 17:00)

Lettere en Sosiale Wetenskappe, maar nie BA Regsgeleerdheid nie

6.      VRYDAG  5  APRIL  2019 (10:00)

(Graduandi moet 08:00 aanmeld, reeds in besit van akademiese drag)

(Gradeplegtigheid begin om 10:00)

Natuurwetenskappe

Opvoedkunde

Regsgeleerdheid (BA Regsgeleerdheid, LLB en nagraadse kwalifikasies in Regsgeleerdheid)

Krygskunde

 

Die Universiteit Stellenbosch sal vroeg in 2019 meer volledige inligting oor die huur van akademiese drag, die optel van gaste-sitplekkaartjies, gradefoto's, die ontvangs van jou graad in absentia en Universiteitshuisvesting gedurende gradeplegtighede in 'n epos-nuusbrief uitstuur aan alle kandidate wat na verwagting in April 2019 sal gradueer.