Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Transformasie Indaba 2018: Alle Stemme
Begin: 19/10/2018, 09:00
Einde: 19/10/2018, 17:00
Kontak:Ms Grizelda Adams - 021 808 4010
Plek: Monica residence, Victoria Street
Die Universiteit Stellenbosch se Transformasiekantoor nooi u hartlik uit na hierdie jaar se Transformasie Indaba. Onder die tema "Alle Stemme" wil ons besprekings rondom transformasie by ons instelling bevorder.

Vir die 2018 Indaba sal daar 'n opsetlike poging​ wees om kostes te bespaar en al die geld wat bespaar word sal aan die #Move4Food-veldtog geskenk word. In ooreenstemming met hierdie inisiatief ​word deelnemers aangemoedig om 'n nie-bederfbare voedselitem saam te bring. Aangesien die Indaba by Monica koshuis op kampus gehou word sal daar geen parkering wees nie.
Sluit asseblief enige besonderhede van spesiale behoeftes vir die dag by u RSVP in.

Besigtig die voorlopige Indaba program hier​

Personeel moet asseblief RSVP: grizeldaa@sun.ac.za ​
​​

Studente moet asseblief RSVP: bgusha@sun.ac.za