Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Toasties for Tummies: Tygerbergkampus
Begin: 18/07/2018, 08:00
Einde: 18/07/2018, 08:00
Kontak:Avril Whate -
Plek: Tygerberg Campus / Tygerbergkampus

Toasties for Tummies is ʼn inisiatief waar verskillende organisasies en belanghebbendes byeenkom om toebroodjies vir verskeie skole en organisasies in en om Stellenbosch voor te berei. Die idee is om soveel moontlik personeel, studente, organisasies en skenkers te kry om met die voorbereiding van die toebroodjies te help. Hierdie jaar is die doelwit om 10 000 toebroodjies te maak.

Orde van verrigtinge:

  • Begin om 06:00 toebroodjies maak vir pasiënte wat die Buitepasiënt-departement by Tygerberg Hospitaal besoek (verskillende departemente sal verskillende tydgleuwe kry om toebroodjies te maak).
  • Die koor sal die pasiënte vermaak terwyl die toebroodjies uitgedeel word.

Skenkings/Borgskappe:

Departemente en fakulteite word aangemoedig om enige van die volgende vir die toebroodjies te skenk:

  • Brood
  • Polonie
  • Blaarslaai
  • Mayonnaise

LW: Alle skenkings moet op die toepaslike datums by bogenoemde lokale afgelaai word.