Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FGGW Akademiese Jaardag 2018
Begin: 29/08/2018, 08:00
Einde: 29/08/2018, 18:00
Kontak:Dawne Johnson - 021 938 9082
Plek: Tygerberg-kampus / Campus

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bied vanjaar die 62​ste Akademiese Jaardag aan op Woensdag 29 Augustus 2018. Dit beloof om 'n stimulerende program te wees en sal dien as toonvenster vir die nuutste navorsing deur studente en navorsers van die Tygerbergkampus.

Sewe verskillende parallelle sessies onder die volgende 7 temas word in aparte lesinglokale in die Fakulteit aangebied op die dag:

  1. Aansteeklike Siektes
  2. Nie-oordraagbare Siektes
  3. Geestesgesondheid en Neurowetenskappe
  4. Geweld, Beserings, Trauma en Rehabilitasie
  5. Moeder en Kind Gesondheid
  6. Gesondheidsisteme Versterking, en
  7. Perioperatiewe Wetenskappe

​Hierdie temas stem nie net ooreen met die Fakulteit se sterkste navorsingsareas nie, maar belyn ook sterk met die Nasionale Departement van Gesondheid se sogenaamde 'quadruple burden of disease', m.a.w. die groepe toestande wat die meeste bydra tot morbiditeit en mortaliteit in Suid-Afrika, sowel as ander areas van belang vir ons land. 

Die plakkaatvoordragte word ook onder hierdie sewe temas gegroepeer.  Plakkate sal reeds beskikbaar wees vir besigtiging op die dag voor die Akademiese Jaardag (28 Augustus). Beoordeling van die plakkate sal op die oggend van 29 ​​Augustus 2018 geskied.

Elkeen van hierdie sessies sal spiespuntlesings (insluitende die AJ Brink Spiespuntlesing) deur kundiges uit die verskillende temagroepe insluit.

Die Dekaan sal ook sy boodskap lewer en 'n eksterne gasspreker (naam sal bevestig word) sal die gaslesing aanbied.

Besoek www.sun.ac.za/aad vir meer inligting.​