Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties Tuiskoms Openingsaand Kunswandeling
Begin: 01/03/2018, 17:30
Einde: 01/03/2018, 21:00
Kontak:Wena van der Merwe - 021 808 9265
Plek: US Museum/ SU Museum
Sluit by ons aan op 1 Maart vir ’n kunswandeling deur die kleurryke Stellenbosch om ons gemeenskap en kuns te vier en geniet ’n aand van pragtige besienswaardighede en klanke. Ons laaste uitspan op die wandeling is die US Museum in Ryneveldstraat vir ’n skemerkelkie, canapés en ligte vermaak, so moet dit nie misloop nie.

Eerste stop: GUS Kunsgalery
Tyd: 17:30 - 18:30
Plek: H/v Bird en Dorpstr, Stellenbosch,
Verwelkomingstoespraak en solo-uitstalling deur Leanne Olivier.

Tweede stop: SMAC Kunsgalery
Tyd: 18:30 - 19:15
Plek: De Wet Sentrum, Kerkstraat 2, Stellenbosch
Uitstalling deur Pierre Le Riche, Peter E Clarke en Lionel Davis.

Ons laaste stop: US Museum
Tyd: 19:15 - 21:00
Plek: 52 Ryneveld St, Stellenbosch
'n Uitstalling deur Emma Willemse en 10 ander solo- en groepkunstenaars. Gevolg deur vermaak en verversings.

Indien u nie die hele kunsroete kan loop nie, is u baie welkom om vanaf 19:15 by ons aan te sluit vir die skemerkelkie by die US-museum. Vir spysenieringsdoeleindes, RSVP asseblief aan wvdm@sun.ac.za voor 23 Februarie.