Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Opedag
Begin: 24/02/2018, 08:30
Einde: 24/02/2018, 16:00
Kontak:Ilze Gelderblom - 021 808 9525
Plek: Van der Sterr (Ingang/Entrance 1)

Kry gratis beroepsadvies en vind uit wat Maties jou kan bied by die Opedag op 24 Februarie 2018!

Die Maties Opedag is die ideale geleentheid vir Graad 11 en 12-leerders om waardevolle inligting in te win oor universiteitstudie, beroepskeuses, beurse en lenings, studentegelde, plek in 'n koshuis, sportgebeure, verblyf, die studentelewe en -verenigings, en veel meer.

Voornemende studente en hul ouers of onderwysers wat in graadkursusse in ekonomiese en bestuurswetenskappe belang stel, word genooi om die Fakulteit se Van der Sterrgebou in Bosmanstraat gedurende die dag te besoek. (Gebruik asb. ingang 1.)

Daar kan hulle inligtingstalletjies besoek, direk met fakulteitspersoneel oor die verskillende studievelde gesels en aanbiedings van die Fakulteit bywoon. Kliek hier vir die program met fakulteitsaanbiedings.

  • Vir die volledige program, kaarte en ander inligting oor Maties se Opedag, kliek hier.