Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
2018 Sosiale Impak Simposium
Begin: 12/09/2018, 08:30
Einde: 12/09/2018, 16:30
Kontak:Howard Gordon - 021 808 3645
Plek: Devonvale Golf Estate, Stellenbosch

​Inspire #SUImpa​ct100

Die Afdeling vir Sosiale Impak nooi u vriendelik uit na die jaarlikse Sosiale Impak Simposium 2018. Die simposium is die hoogtepunt van sosiale impak aktiwiteite en inisiatiewe elke jaar. Die fokus vir hierdie jaar is om ons werk aan vier van die sewe USSI Temas te deel en bekend te stel, gesamentlik te leer en 100% impak te inspireer as deel van die US se eeufeesvieringe.

 
Datum: 12 September 2018
Tyd: 08:30 – 16:30
Plek: Devonvallei Gholflandgoed, Stellenbosch
RSVP: Howard Gordon howard@sun.ac.za voor 5 September 2018​

 

Fokus:  Die fokus vir hierdie jaar is om ons werk met betrekking tot vier USSI Temas bekend te stel naamlik:

  • Onderrig vir almal
  • Indiensname en inklusiewe ekonomiese ontwikkeling
  • Sosiale en geslagsgeregtigheid
  • Voedselsekerheid en gesondheid


Doel:  Die doel van die simposium is drieledig:

  • Om ʼn gesamentlike leerruimte vir personeel en studente in samewerking met vennote te skep
  • Om inisiatiewe vir sosiale impak wat kritieke ontwikkelingsdoelwitte op ʼn volhoubare manier aanpak, te vier en sigbaar te maak
  • Om die Universiteit Stellenbosch se eeuwording te vier deur 100% impak aan te vuur en saam vorentoe te beweeg.


Uitkomste: Die uitkomste van die simposium is:

  • die skep van beter begrip van hoe die Sosiale Impak Strategiese Plan die implementering van sosiale impak rig;
  • die bespreking van kritieke onderwerpe verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se algehele impak op die samelewing;
  • die profilering, aanbieding en deel van voorbeelde van suksesvolle volhoubare inisiatiewe vir sosiale impak; en
  • die viering van sosiale impak as ʼn ontluikende praktyk deur te deel, saam te leer en netwerke te vorm.

Klik hier vir die volledige program​​

 

​Ons sien uit daarna om u daar te sien!