Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bitcoin-tegnologie ingespan teen aanlynrowery
Begin: 18/10/2017, 18:00
Einde: 18/10/2017, 19:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: GUS (Gallery University of Stellenbosch), c/o Dorp and Bird Streets, Stellenbosch

So wanneer laas het jy die nuutste lokettreffer van 'n twyfelagtige webwerf afgelaai, selfs vóór sy amptelike vrystelling? Of het jy al 'n e-boek vir 'n vriend aangestuur? 'n Nuwe Suid-Afrikaanse tegnologiemaatskappy, CustosTech, het 'n innoverende teenvoeter gevind teen die onwettige verspreiding van materiaal wat onderhewig is aan kopiereg, deur gebruik te maak van bitcoin-tegnologie.

Sluit by ons aan vir dr. Gert-Jan van van Rooyen, medestigter en direkteur van CustosTech se tegnologie-praatjie by Science Café Stellenbosch. Hy sal ons 'n kykie gee in die nuwe wêreld van kriptogeldeenhede en geldjagters, asook hoe hy die skuif gemaak het van akademikus tot direkteur van sy eie maatskappy.

Meer oor dr. Van Rooyen en CustosTech

CustosTech is gebore in die MIH Medialab by die Universiteit Stellenbosch. Die stigters, Herman Engelbrecht, Gert-Jan van Rooyen en Fredrick Lutz, het'n passie gehad vir bitcoin-tegnologie, maar het meer geïnteresseerd geraak in die toepassingsmoontlikhede daarvan buite die  finansiële domein. Hulle het 'n onbespeurbare watermerktegnologie ontwikkel wat die Bitcoin blockchain (stringblok) gebruik om digitale medialêers te beskerm teen aanlynrowery. Dit word alreeds met sukses gebruik in die beskerming van die inhoud van e-boeke en flieks, en sal binnekort ook dié van musiek en aanlynspeletjies beskerm.

 Science Café Stellenbosch​ is 'n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die US om gesprekke rondom die wetenskap aan te moedig. Toegang is gratis, maar kom betyds om 'n goeie sitplek te verseker.