Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Woensdag Kunswandelinge
Begin: 05/03/2017, 13:00
Einde: 05/03/2017, 14:00
Kontak:Ulrich Wolff - 021808 3029
Plek: University Museum

Woensdag Kunswandelinge is ʼn nuwe inisiatief van die Universiteitsmuseum om sy kunsversamelings met die publiek te deel en hulle meer daarvan in te lig. Op die eerste Woensdag van die maand sal die Museum oor middagete kunswerke uit sy permanente versameling wat nog nooit voorheen besigtig is nie, ten toon stel.

Dit is ʼn baie seldsame geleentheid vir lede van die publiek en kunskenners om die Universiteit Stellenbosch se kunsversamelings te waardeer en meer daarvan te leer. Die Woensdag Kunswandelinge is gratis vir lede van die publiek, en versnaperinge en drankies sal ná die tyd bedien word.

Die reeks begeleide Woensdag Kunswandelinge en temas vir 2017 sluit die volgende in:

Tema  Datum  Duur
Teken3 Mei 2017 13:05–14:00
Drukkuns7 Junie 201713:05–14:00
Realisme 5 Julie 201713:05–14:00
Ekspressionisme 2 Augustus 2017 13:05–14:00
Abstraksie  6 September 201713:05–14:00
Portrette 1 November 201713:05–14:00
Beeldhou6 Desember 2017 13:05–14:00

 

Bespreking is verpligtend. Om ʼn plek te bespreek, skakel asseblief met  Ulrich Wolff by tel. 021 808 3029 of e-pos uw2@sun.ac.za.

Die Universiteitsmuseum is geleë te Ryneveldstraat 52, Stellenbosch. Die Museum is oop van Maandag tot Vrydag om 09:00–16:30 en gesluit op Sondae en publieke vakansiedae. Toegang tot die Museum is gratis. Museumlokale kan vir privaat funksies teen ʼn nominale fooi gehuur word.