Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch Biblioteek openingsure

​Na agneming van die huidige inperkingsomstandighede en verwante gesondheidsrisiko's vir biblioteekpersoneel en kliënte, is besluit om die biblioteek se huidige openingsure tot verdere kennigsgewing te handhaaf:

Maandag – Vrydag: 8:00 – 16:00

Saterdag: gesluit

Geen instapbesoekers word toegelaat nie.

Dienslewering aan kliënte:

Vanaf 27 Julie sal die biblioteekgebou vir tot en met 50 kliënte beskikbaar wees vir studie en navorsingsdoeleindes. Die huidige beperkte dienslewering aan kliënte wat toegelaat is om na die kampus terug te keer, is steeds van toepassing.

Kliënte wat 'n biblioteekbesoek wil bespreek, moet steeds aan COVID-19 gesondheidsvereistes voldoen.