Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Deel inligting oor jul Mandeladag-aktiwiteite

​In Julie neem die Universiteit Stellenbosch (US) weer deel aan Mandeladag, 'n internasionale gebeurtenis wat mense aanspoor om tot aksie oor te gaan en die wêreld 'n beter plek te maak. 

Die Afdeling vir Sosiale Impak doen 'n beroep op die Stellenbosse kampusgemeenskap om deel te neem aan Mandeladag en om hulle in kennis te stel van beplande aktiwiteite gedurende Julie. Hoewel Mandeladag amptelik op 18 Julie gehou word, sal die US se aktiwiteite op die Stellenbosch-kampus gedurende die eerste week van die nuwe kwartaal plaasvind wanneer al die studente terugkeer na die kampus. ​

Personeel kan inligting oor beplande aktiwiteite aan Michelle Pietersen stuur voor Maandag, 24 Junie 2019. Die volgende inligting word benodig:

'n Paragraaf wat die volgende aandui:

  • Wie betrokke is (US-belanghebber en vennoot)
  • Waar dit gaan plaasvind
  • Wat die aktiwiteit/e behels
  • Wanneer (datum en tyd)
  • 'n Uitnodiging om deel te neem
  • Kontakpersoon en kontakinligting
  • Foto's
Die inligting sal gebruik word om 'n lys van alle Mandeladag-aktiwiteite in Julie saam te stel. Dit sal op die US se webwerf gelaai word.