Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
BIBLIOTEEK EN INLIGTINGSDIENS STEL NUWE NAVORSINGSDATABESTUUR-WEBBLAAIE BEKEND

Die Biblioteek en Inligtingsdiens het onlangs 'n nuwe stel webblaaie, gewy aan Navorsingsdatabestuur (NDB), bekendgestel. Hierdie toegewese webblaaie bied navorsers meer gedetailleerde inligting aangaande die bestuur van navorsingsdata.


Die NDB-webblaaie sal navorsers ondersteun soos hulle meer data-intensiewe navorsing doen. Die huidige aard van wetenskaplike navorsing vereis dat navorsers bewus is van die verskeie vereistes vir die bestuur van navorsingsdata. Dit is van uiterse belang dat navorsers vir hierdie doeleinde maklik toegang tot 'n sentrale inligtingsportaal het. Dit is die kernbehoefte waarin die nuutbekendgestelde webblaaie poog om te voldoen.

Navorsers word aangemoedig om die nuwe Navorsingsdatabestuur-webblaaie by: http://library.sun.ac.za/af-za/Research/rdm te verken.​

Enige verwante navrae kan aan die Bestuurder: Navorsingsdatadienste, Samuel Simango, gerig word.