Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nooddienste beskikbaar vir studente

​Die ER 24-dienste is na-ure (16:00 - 08:00) aan alle geregistreerde US-studente beskikbaar. Dit sluit gratis mediese dienste vir mediese noodgevalle sowel as die dienste van 'n traumaberader in. Berading kan een tot een- of ‘n telefoniese gesprek wees, afhangende van die student se behoefte. Die mediese assessering van 'n student op die toneel is gratis. 'n Fooi sal gehef word indien die student per ambulans na die hospitaal vervoer moet word. In gevalle waar die student nie vir daardie diens kan betaal nie, kan finansiële hulp van die Universiteit met die Direkteur van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling onderhandel word. US-personeel is ook welkom om ER 24 te kontak indien hulle hulp nodig het met studente in 'n krisis in die klas / akademiese omgewing, al is dit gedurende kantoorure.

List of emergency numbers >

Flyer with ER24 numbers >