Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aansoeke: Studente Assistente

Die Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG), wat deel van die Afdeling Studentesake vorm, se primêre doel is studenteontwikkeling met behulp van ʼn breë spektrum kokurrikulêre aktiwiteite, wat onder ander leierskapontwikkeling en die integrasie van die studente se universiteitsbelewenis op verskillende vlakke insluit. Dit behels dus spesifiek die integrasie van die kurrikulêre en ko-kurrrikulêre universiteitsbelewenis van koshuis en dagstudente. Dit word prakties uitgevoer deur die bevordering van die kluster-inisiatiewe en die vorming van gesonde luister-, leer- en leefgemeenskappe. Die bestuursprosesse van die SSG is waardegedrewe en word op navorsing en die welweesbenadering gegrond.

Die SSG wil vir die tydperk 1 Januarie 2018 tot 30 November 2018 ses (6) studente-assistente aanstel in die volgende portefeuljes in die Sentrum:

  • Res-ed
  • Luister, Leer en Leef (LLL)
  • Privaat Studente Organisasie (PSO)
  • Multikulturele opvoeding
  • Mentorprogram
  • Algemene administrasie

Pligte sal die volgende insluit:

  • Hanteer van die ontvangsarea
  • Ontvang van besoekers
  • Hanteer van inkomende oproepe
  • Liassering
  • Bode diens
  • Algemene administrasie mbt tot die portefeuljes

Vereiste:

  • Moet voorheen in ʼn studenteomgewing gewerk het.

Werksure: 15 uur per week
Vergoeding: R3 745 pm
Sluitingsdatum: Vrydag, 10 November 2017

Navrae: Gareth Cornelissen: 021 808 2028 / gmc@sun.ac.za
Aansoeke: E-pos jou CV aan grantw@sun.ac.za