Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nagraadse posisies beskikbaar in Na-Oes Tegnologie en Waarde Toevoeging

Nagraadse ​​posisies beskikbaar in Na-oes Tegnologie en Waarde toevoeging


Die NRF/DST SARChI Leerstoel in Na-oes Tegnologie se navorsingsgroep is deel van die Fakulteit AgriWetenskappe, Departement Hortologie by Stellenbosch Universiteit. Die laboratorium bestaan uit 'n span van jong dinamiese en entoesiastiese navorsers. Ons navorsing mik om na-oes verliese in die voorsieningsketting aan te spreek om sodoende voedselsekuriteit in Suid-Afrika te verbeter. Hoof navorsingsareas sluit in: Ontwikkeling van koue ketting tegnologieë, nie-vernietigende kwaliteitsmeting en -beheer, asook die kartering en vermindering van na-oes verliese langs die voedselketting. Nog 'n deel van ons navorsing handel oor waardetoevoeging van granate, 'n nuwe produk wat ​geweldige populariteit in die Suid-Afrikaanse mark getoon het oor die laaste agt jaar.

SARChI Na-oes Tegnologie Laboratorium het 1 PhD en 4 MSc na-oes verwante posisies beskikbaar vir gemotiveerde nagraadse kandidate van Natuurwetenskappe en Ingenieurswese agtergronde. 

Is jy 'n spanspeler, gewillig om te leer, 'n kritiese denker en in staat om akkuraat en onafhanklik te werk? Dan soek ons jou!

Vir meer inligting oor die nagraadse posisies wat ons tans beskikbaar het, kliek HIER

Vir meer inligting oor die nagraadse beurs wat beskikbaar is vir hierdie nagraadse posisies, kliek HIER   

Om die beursaansoekvorm af te laai, kliek HIER