Tydens
die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch
gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die
partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening.
Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses
waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die
insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die
verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die
Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare
Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of
wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan .
Stellenbosch
Universiteit begin hiermee die proses om die mees lewensvatbare
voorsiening vir die instandhouding van sportfasiliteite op die
Stellenbosch kampus te verkry. As deel van die Lewensvatbare
Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige
partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening. Persone wat
wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Hendri
Knoetze, Senior Aankoper, via e-pos by hknoetze@sun.ac.za te stuur of om
voorleggings aan hom by afdeling Aankope & Voorsieningsdienste
(Merrimanlaan) in te dien teen 4 Oktober 2017. Mense wat persoonlik
insette wil lewer moet asseblief so aandui en kontakbesonderhede
verskaf. Hierdie voorleggings sal deel vorm van die evaluering van die
Lewensvatbare Voorsieningsopsies.
Ten
einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n versoek om voorstelle
uitgereik word aan Sportfasiliteit Instandhoudingsmaatskappye. Die diens
wat benodig word, is die instandhouding van sport fasiliteite op
kampus. Hierdie fasiliteite bestaan uit:
Sportvelde (Gras en Astro)
Klubhuise en onmiddelike omgewing
Swembaddens en ablusiefasiliteite
Krieket kolfblaaie
Tennisbane
Binnenshuise sportsale
Sport tereine werkswinkels en store
Informele gras en rowwe gebiede
Algemene ontspanningsareas by sport
Pieniekareas
Die volgende aktiwiteite sal met verskillende frekwensies binne bogenoemde ruimtes benodig word:
- Onderhoud van grasperke
- Voorbereiding van kolfblaaie
- Bestuur van masjienerie, toerusting en die instandhouding daarvan
- Verf van lyne en voorbereiding van velde
- Bestuur van besproeiingstelsels en die onderhoud daarvan
- Identifikasie en behandeling van peste en onkruid
- Instandhouding van swembaddens en toediening van chemikalieë
- Toepassing van 'n beplande onderhoudstelsel
Die voorstelle sal op die volgende kriteria beoordeel word:
- Bewese menswaardigheids protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulpbronne
- Volhoubaarheid van Voorstel
- BBSEB gradering
- Verwysings van minstens 5 huidige kliënte
- Waarde Toevoeging
- Metodologie in terme van:
- Bestuurskontroles
- Kommunikasiestelsels
- Bestuur van veiligheidsaspekte (OHSA)
- Gehaltebeheerstelsels
- Manier waarop sensitiewe areas bestuur word
- Hoe word kliëntetevredenheid bereik en gewaarborg