Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aanpassing Uitdaging – Jy is nie alleen nie!

​IS JY ‘N EERSTEJAAR? Is die aanpassing by die universiteit vir jou 'n uitdaging?

Somtyds:

  • Voel 'n mens geïsoleerd
  • Jy verlang huis toe
  • Dit mag voel of jy nie al die pret beleef nie
  • Jy mag oorweldig voel as gevolg van al die werk
  • Jy vind dit dalk moeilik om die nuwe onderrig- en leermetodes baas te raak

 

 

JY IS NIE ALLEEN NIE! KOM ONTMOET ANDER STUDENTE WAT SOORTGELYKE UITDAGINGS ERVAAR.

 

HOE SLUIT EK AAN?

Kontak Winnie Gae by  wgae22@sun.ac.za/021-3874707

Besoek Victoriastraat 37

 

DIE AARD VAN DIE GROEP

Dit is 'n geslote groep wat uit 8 tot 10 deelnemers bestaan. Die sessies vind in 'n konfidensiële en ontspanne omgewing plaas.