Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Botaniese Tuin oop aande gedurende Woordfees - 8 tot 10 Maart

​Die Botaniese Tuin gaan weer oop wees tot 22h00 van die 8ste tot die 10de Maart. Saans kan besoekers van die nagblommede plante sien soos byvoorbeeld die Victoria-waterlelies. Die glashuise insluitend die nuut opgeknapte tropiese glashuis sal ook vir die publiek oopgestel word. Besoekers kan ook self-begeleide toere doen insluitend 'n toer wat die gebruik van plante in Afrikaanse poësie verken. Beide die Katjiepiering Restaurant en die Botaniese Tuin Winkel sal oop wees gedurende hierdie verlengde openingstye.