Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Transformasie-indaba 2024
Begin: 23/10/2024, 08:30
Einde: 23/10/2024, 16:00
Kontak:Shanté Neff -
Plek: Protea Hotel (Techno Ave, Techno Park, Stellenbosch)

US Transformasie-indaba 2024

​Die Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel nooi u na die Transformasie-indaba van 2024. Die indaba dien as ʼn barometer vir transformerende betrokkenheid aan die Universiteit Stellenbosch (US), aangesien deelnemers ʼn wyle stilstaan en krities oor transformasiekwessies by die instelling besin.

Agtergrond
Die Institusionele Transformasiekomitee (ITK), onder die voorsitterskap van prof Nico Koopman, sal op Woensdag 23 Oktober 2024 ʼn Transformasie-indaba aanbied. Dit is ʼn jaarlikse geleentheid waartydens personeel en studente van die US krities besin oor die vordering met die mandaat van transformasie by die instelling. Die jaarlikse indaba het ten doel om interafhanklike kwantitatiewe transformasie (goed wat gemeet kan word, soos die diversifikasie van personeel, studente, en die besluitnemingstrukture van die Universiteit) en kwalitatiewe transformasie (goed wat geweeg en ervaar word, soos institusionele kulture wat diskrimineer en vervreem) te bevorder. Vanjaar se indaba is veral belangrik, aangesien dit sal plaasvind voor die goedkeuring van die institusionele transformasiebeleid en terwyl ʼn nuwe transformasieplan ontwikkel word.

Tema
Die tema van die Indaba vir 2024 is “Aanspreeklikheid Maak Saak". Daar word beoog om gesprekke te voer wat sal lei tot konkrete optrede om transformasie aan die US te verdiep en die vordering wat tot op hede gemaak is, te handhaaf.

Onderwerpe
Gesprekke en besinning sal op aanspreeklikheid gerig wees; in die besonder:

  • Die implikasies daarvan vir maatskaplike geregtigheid
  • As ʼn waarde wat deur die Universiteit Stellenbosch voorgestaan word en die            belang daarvan vir die instelling se transformasiereis
  • Die implikasies daarvan vir akademiese vryheid
Hoofrede 
Die hoofrede sal gelewer word deur prof Saleem Badat, navorsingsprofessor in die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat (voormalige viserektor van Rhodes Universiteit).

Datum: Woensdag 23 Oktober 2023
Tyd: 08:30 tot 16:00
Plek: Protea Hotel (Technolaan, Techno Park, Stellenbosch)
RSVP: Klik hier


Navrae

Shanté Tuscany Neff

E-pos: shante@sun.ac.za

Transformasieprogramkoördineerder  

Transformasiekantoor