Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wetenskapskafee: Wanneer die volgende pandemie toeslaan
Begin: 01/10/2024, 18:00
Einde: 01/10/2024, 19:00
Kontak:Wiida Basson -
Plek: Die Khaya Café, 39 Ryneveld Street

​In die nasleep van die COVID-19 pandemie is daar miljoene mense wêreldwyd wat worstel met 'n komplekse fenomeen genaamd lang-COVID – breedweg gedefinieer as simptome wat ontwikkel of voortduur ná 'n akute COVID-19 infeksie. Terselfdertyd waarsku spesialiste dat die wêreld moet gereed staan vir die volgende pandemie. Wat sal dit wees? Voëlgriep, nog 'n koronavirus of iets anders? In hierdie Stellenbosch Wetenskapskafee pak internasionaal erkende wetenskaplikes soos Burtram Fielding, Tulio de Oliveira en Resia Pretorius hierdie dilemma. Die gesprek word gelei deur Hugh Patterton, direkteur van die Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie by die US.

Meer oor die sprekers:

Prof. Burtam Fielding​ is dekaan van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe en 'n internasionaal-erkende spesialis op koronavirusse. 

Prof. Resia Pretorius ​is 'n uitgelese professor in die Departement Fisiologiese Wetenskappe by die US en 'n leidinggewende kenner op die gebied van lang-COVID.

Prof. Tulio de Oliveira is direkteur van die Sentrum vir Epidemiologiese Navorsing en Innovasie​​ by die US

Die Stellenbosch Wetenskapskafee is 'n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies in die openbare sfeer aan te moedig. Toegang is gratis. 

Volg ons op Facebook ​vir soortgelyke gesprekke, of stuur 'n e-pos na science@sun.ac.za om op hoogte te bly.