 Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek 'n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis. |
Hoe om 'n literatuuroorsig te doen In hierdie webinaar sal deelnemers leer wat 'n literatuuroorsig is en die verskillende tipes literatuuroorsigte. Hulle sal beste praktyke vir die uitvoer van 'n literatuuroorsig leer deur met hul onderwerp te werk, die literatuuroorsig te struktureer en hoe om literatuur krities te ontleed. Datum: 12 April 2023 @ 11:00 – 13:00 Bespreek hier |
Data visualisering beginsels Hierdie werkswinkel sal die sleutelbeginsels dek om in gedagte te hou wanneer jy jou visualiserings beplan, van die keuse van die beste visualiseringstipe vir jou data tot die effektiewe gebruik van kleur, narratief, ens. Datum: 13 April 2023 @ 11:00 – 12:30 Bespreek hier |
Mendeley vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan Mendeley, 'n gratis hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. Mendeley bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking. Datum: 18 April 2023 @ 11:00 – 13:00 Bespreek hier |
Verbeter die sigbaarheid van jou navorsingsuitsette deur middel van selfargivering Die Universiteit Stellenbosch se institusionele beleid oor die selfargivering van navorsingsuitsette word saamgestel deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens. Die nakoming van hierdie beleid, wat navorsers vra om kopieë van hul navorsingsuitsette in SUNScholar, ons institusionele bewaarplek te deponeer, kan die sigbaarheid en impak van navorsingsuitsette aansienlik verhoog. Hierdie werkswinkel sal deelnemers meer leer oor die beleid en hoe om aan die beleid te voldoen om toegang tot en sigbaarheid van hul navorsingsuitsette te verbeter. Datum: 19 April 2023 @ 11:00 Bespreek hier |
Inleiding tot data visualisering met Tableau en RAWGraphs Hierdie werkswinkel sal 'n inleidende kursus wees om jou data deur middel van Tableau Public en RAWGraphs te visualiseer. Albei is gratis produkte en redelik gebruikersvriendelik. Datum: 20 April 2023 @ 11:00 – 13:00 Bespreek hier
|