Kontak:Carla Nel
- 0218084069
Plek: Lord Charles Hotel in Somerset West
Die Universiteit Stellenbosch is die trotse plaaslike gasheer van die 2022 WAITRO-beraad, wat vanaf 14 tot 15 November by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes sal plaasvind.
Hierdie in-persoon samekoms bring belangrike navorsing en innovasie-belanghebbendes van regoor die wêreld bymekaar, waartydens daar geleentheid sal wees om nuwe vennootskappe te bou en die impak op globale doelwitte te versnel.
Vanjaar se tema is geïnspireer deur die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit 17, “Vennootskappe vir die doelwitte". Die beraad bied geleenthede vir nuwe samewerking om hierdie doelwitte te bereik. Die impak wat deur navorsers en innoveerders van WAITRO-organisasies bereik word, sal ook tydens die beraad erken en gevier word.
Registrasies is nou oop! Volg hierdie skakel om te registreer.
WAITRO is 'n wêreldwye lidmaatskap-gebaseerde vereniging van navorsing- en tegnologie- organisasies, sowel as navorsingsuniversiteite, wat 'n wye reeks dienste en programme bied om samewerking tussen lede, vennote en ander rolspelers te ondersteun en te fasiliteer.