Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
The Conversation bied weer gewilde wetenskapskommuniksie-meestersklas aan
Begin: 13/10/2022, 11:00
Einde: 13/10/2022, 13:00
Kontak:Martin Viljoen - 0218084921
Plek: Online (Zoom)

​Vir die hedendaagse navorser maak navorsingsigbaarheid saak. Alhoewel publikasie in eweknie-geëvalueerde vaktydskrifte noodsaaklik is, is dit ook wys en nuttig om ander maniere te oorweeg om wyer gehore te bereik, soos beleidmakers, die algemene publiek en om blootstelling te kry.

Die US span kragte saam met The Conversation Africa (TC Africa) wat 'n aanlyn werkswinkel van 2 uur vir wetenskaplikes gaan aanbied oor hoe om vir die media te skryf. Die werkswinkel vind op Donderdag 13 Oktober van 11:00 – 13:00 plaas.

Die werkswinkel is 'n praktiese en interaktiewe sessie wat navorsers met vaardighede gaan toerus om vir The Conversation te skryf. Die werkswinkel fokus op hoe navorsers navorsingsbevindinge en insigte die beste aan nie-akademiese gehore gekommunikeer kan word, hetsy dit die algemene publiek of beleidmakers is. Dit sal wetenskaplikes bemagtig om artikels aan die media voor te lê en sleutelboodskappe te formuleer wanneer hulle vir die algemene publiek skryf.

Tot op hede het meer as 300 US-outeurs 512 artikels via The Conversation gepubliseer wat meer as 8,4 miljoen keer op platforms regoor die wêreld gelees is.

Jabulani Sikhakhane, The Conversation Africa se redakteur sê die span is opgewonde om weer saam met akademici van die Universiteit Stellenbosch te werk. “Daar kom sulke fassinerende navorsing by die universiteit uit. Dit is altyd 'n plesier om saam met die US te werk. Ons kan nie wag om met julle in gesprek te tree nie."

Martin Viljoen, Bestuurder: Media, sê dit was duidelik uit vorige werksessies dat daar 'n werklike behoefte onder akademici is om hul onderrig- en navorsingshorisonne uit te brei. “Navorsing het aangedui dat om interaksie met die media te hê, voordelig is vir jou navorsingsloopbaan en alles behalwe 'n 'oorlas'-faktor is. Trouens, die meeste navorsers vind dit lonend aangesien dit hulle 'n breër perspektief op hul eie navorsing gee en help om nuwe idees te ontwikkel deur blootstelling aan nie-kundige gehore. Om te begin deur vir The Conversation te skryf is 'n veilige en verantwoordelike manier om met die media te skakel."

'n Maksimum van 30 mense kan die virtuele werkswinkel bywoon.

Lede van TC Africa se redaksie, wat uitgebreide ervaring in die mediawêreld het, sal die werkswinkel fasiliteer.  

Meer oor die werkswinkel:

Die werkswinkel is ontwerp om 'n interaktiewe sessie te wees om navorsers te help om hul vaardighede oor hoe om met nie-akademiese gehore te kommunikeer, te slyp. Die meesterklas sal wetenskaplikes bemagtig om hul artikels te kan aanbied en die sleutelboodskap daar te stel wanneer hulle vir die algemene publiek skryf.

Details: Die werkswinkel word op Donderdag 13 Oktober 2022 vanaf 11:00 – 13:00 aanlyn gehou.

Registreer/RSVP teen 23 September hier.  (https://www.surveymonkey.com/r/2PZWZQ3) Die werkswinkel vind op Zoom plaas en die Zoom details word na registrasie deurgegee.

Wie kan bywoon: Akademici, nadoktorale-genote en PhD-kandidate van die Universiteit Stellenbosch kan die klas bywoon. (Dit is ongelukkig nie oop vir meestersgraadstudente nie).

Meer inligting: Martin Viljoen, media@sun.ac.za

-------------------------------------

About The Conversation: 

The Conversation Africa is a media organisation that works with academics and scientists, helping them to translate, write and share their research and expertise in an accessible way and sharing those insights with the ordinary public on a dedicated news and analysis website – www.theconversation.com/africa . The research and scholarly endeavour of African academics and scientists can have a significant bearing on societal issues, yet many academics and scientists lack the skills, experience necessary to write for non-scientists audiences and often also lack opportunities to do so. This means that their wealth of knowledge and research often remains trapped within university corridors, within peer-to-peer journals, leaving the public and the policy community deprived of access to important insights that could help shape evidence-based policymaking. The mission of The Conversation is to increase the visibility of African academics, scientists, their work and scholarship in society. Thus far, the initiative has been well received across the continent. Since launching in 2015, TC-Africa has published over 5 700 academics, cumulatively their over 8 500 articles have reached over 100 million reads online globally.