Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Joernalistiek: Paneelgesprek vir Wêreldpersvryheidsdag
Begin: 10/05/2021, 12:30
Einde: 10/05/2021, 14:00
Kontak:Dr Marenet Jordaan -
Plek: 26 Crozier Street | Live on YouTube

​Die Departement Joernalistiek bied op Maandag 10 Mei om 12:30 ʼn paneelbespreking ter viering van Wêreldpersvryheidsdag aan.

Die geleentheid sal regstreeks op YouTube uitgesaai word.

Die titel van die bespreking is: "Daar was ander nuus ook: Die stories wat die media sedert die begin van die Covid-19 grendelstaat gemis het"

Die paneel sal bestaan uit:

DELE OLOJEDE, die eerste Pulitzer-prys-joernalis wat in Afrika gebore is. Hy het dié toekenning ontvang vir sy dekking van die Rwandese volksmoord.
HENRIËTTE LOUBSER, die hoofredakteur van Afrikaanse Nuus by Media24, asook van die grootste subskripsienuusdiens in die land, Netwerk24.
LISTER NAMUMBA, die bestuurder van monitering-, navorsing- en analiseprogramme by die ontledings- en bewusmakingsorganisasie, Media Monitoring Africa.

Die joernalistiekstudente se jaarlikse koerant, LIP, sal ook bekendgestel word.

Vir meer inligting, en om te RSVP en die skakel na die geleentheid te onvang, stuur ʼn e-pos aan journalism@sun.ac.za of ʼn WhatsApp aan dr Marenet Jordaan ((083 3177 528).