Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
'Alternatiewe ekonomiese raamwerk'-verslag word bekendgestel
Begin: 14/10/2020, 17:00
Einde: 14/10/2020, 18:30
Kontak:Dr Nthabiseng Moleko - 021 918 4178
Plek: Online

​​Die 'New Wine into New Wineskins'-ekonomiese verslag deur dr Nthabiseng Moleko en prof Mark Swilling van die Universiteit Stellenbosch (US) word op 14 Oktober 2020 om 17:00 SAST bekendgestel.

Getiteld “New Wine into New Wine Skins: Towards a Diversified Economy in a 21st Century World", is die verslag en die voorgestelde alternatiewe ekonomiese raamwerk 'n gesamentlike poging deur beleidmakers, ekonome en akademici van verskillende openbare, private en navorsingsinstellings wat onder die M-Plan vir sosiale geregtigheid, aangevoer deur prof Thuli Madonsela, bekleër van die Leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid en die Reg aan die US.

Om die stagnasie van die ekonomie, wat deur Covid-19 en die nasionale uitsluiting verdiep is, te oorkom, moet die Suid-Afrikaanse regering met vrymoedigheid kyk na die opstel van nuwe ekonomiese beleid wat die visie in die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) kan bevredig, lui die verslag.

By die geleentheid sal daar indringend gekyk word na wat die verslag voorstel – gefasiliteer deur prof Madonsela en gevolg deur 'n vraag en antwoord-sessie.