Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Blou Ekonomie: navorsing en innovasie vir ekotoerisme
Begin: 29/09/2020, 12:00
Einde: 29/09/2020, 13:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson -
Plek: MS Teams Live event - https://bit.ly/3kzTcXx​

In 2020 het die SharkSafe-versperringTM, 'n maatskappy wat die lig gesien het met behulp van INNOVUS (die Universiteit Stellenbosch se tegnologieoordragplatform) die NWTF se Lewis Stigting Groen Ekonomie Toekenning ontvang.  Die toekenning is vir die uitvinding van die SharkSafe-versperringTM, die eerste ekovriendelike haaispesifieke versperringstegnologie. Dit is die eerste keer in bykans 90 jaar dat 'n nuwe tegnologie ontwikkel is om die dodelike haainette en dromlyne te vervang wat langs so baie strande ter wêreld gebruik word.

Die SharkSafe-versperringTM het die potensiaal om die huidige verhouding tussen die mens en een van die top predatore van die oseaan, drasties te verander. Ter viering van Wêreld Toerisme-maand in September, sal die bekende impakbeleggingskenner en skrywer Lynton Burger gesels met kundiges oor onlangse navorsings- en innovasiepogings ten einde die plaaslike haai-ekotoerisme-industrie te ondersteun en ook ons oseane te bewaar.

Die paneellede is:

  • Dr Sara Andreotti – marienebioloog in die Departement Plant- en Dierkunde by die Universiteit Stellenbosch, en medestigter en bestuurder van die SharkSafe-versperringTM
  • Walter Bernadis – African Watersport Diving Centre, Umkomaas
  • Mike Nortje – Pisces Divers, Simonstad
  • Alexis Grosskopf, medestigter van OceanHub Africa, 'n platform wat entrepreneurs help om die kommersiële lewensvatbaarheid van 'n oseaangebaseerde ekonomie te ondersoek. 

Die gesprek word aangebied deur die Universiteit Stellenbosch Internasionaal en OceanHub Africa.

Sluit by ons aan vir hierdie aanlyn webinar deur op die skakel hieronder te klik: 

https://bit.ly/3kzTcXx