Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Virtuele professorale intreerede van Prof Hannelie Nel
Begin: 01/10/2020, 15:00
Einde: 30/11/2020, 17:00
Kontak:Amira Brown - 021 808 9500
Plek: www.sun.ac.za/streaming

Bring dieetdata nader aan die waarheid deur statistiese aanpassing: Die 2018 Provinsiale Dieetinname-opname as ʼn voorbeeld

ʼn Enkele 24 uur-herroeping word gereeld as die primêre instrument vir die meting van dieetinname in groot dieetstudies gebruik. ʼn Algemene probleem met ʼn enkele 24 uur-herroeping is egter die daaglikse variasie in die dieet van vrylewende bevolkings. Die omvang van die hoofsaaklik lukrake intrapersoonlike variansie verskil tussen voedingstowwe en is hoofsaaklik afhanklik van kulturele en ekologiese faktore. Hierdie foute lei tot groot standaardafwykings in populasies. ʼn Resultaat van oordrewe variasie is dat die persentasie deelnemers onder of bo gespesifiseerde afsnypunte verwronge sal wees. ʼn Metode om intrapersoonlike variasie van interpersoonlike variasie te onderskei, ekstreemwaardes in ag te neem en voorsiening vir die aanpassing vir kovariate te maak, is toegepas.

Die resultate het getoon dat die algehele onaangepaste en aangepaste gemiddeldes van die inname van voedingstowwe hoofsaaklik soortgelyk was. Groot verskille is egter tussen die onaangepaste en die aangepaste waardes van die persentiele van die inname van sommige voedingstowwe waargeneem. Die metode het die verspreiding van voedingstofinname na die gemiddelde saamgepers. Hierdie samepersing was die duidelikste in die ondersoek na die persentasie van die populasie onder of bo AMDR/DRI grense, veral vir voedingstowwe met skewe verdelings. In hierdie gevalle was die aangepaste persentasie onder of bo die snypunte aanmerklik kleiner, wat toon dat die voorkoms van dieetgebrek of -oormaat oorskat kan word as innames nie aangepas word nie. Die metode maak voorts voorsiening vir raming van bevolkingsblootstelling sonder om herhaalde 24 uur-herroepings op die totale steekproef uit te voer. Hierdie studie toon dat ʼn klein substeekproef (11%) voldoende kan wees om die betrokke aanpassings uit te voer.