Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wat jy móét weet oor sosiale media
Begin: 21/09/2020, 17:00
Einde: 21/09/2020, 18:00
Kontak:Student Affairs / Studentesake - (021) 8080 9910
Plek: Online via streaming
Wat móét jy oor sosiale media weet? Neem deel aan hierdie prikkelende gesprek met SA se voorste regsdeskundige op sosiale media en leer hoe jy 'n beter leier en burger kan wees deur aanlyn-geleenthede op 'n verantwoordelike manier te gebruik.Die

Die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en Burgerskap nooi jou uit na 'n gesprek met Emma Sadleir, 'n sosiale media-regskenner, waar die volgende vrae ondersoek sal word:

  • Hoe beskerm ek myself en my aanlyn reputasie?
  • Wat is die toepaslike wette en regsimplikasies van sosiale media-inhoud en aktiwiteite?
  • Wat is die implikasies daarvan om onvanpaste grappies en fopnuus te deel?
  • Wat is my etiese verantwoordelikhede in verband met die gebruik van sosiale media?

En meer. Veel meer.


Emma Sadleir is Suid-Afrika se voorste kenner op die gebied van sosiale media. Haar kundigheidsareas sluit die bestuur van die regsgevolge van die gebruik van sosiale media in, waaronder laster, privaatheid, haatspraak en intellektuele eiendom; kuberafknouery en teistering; misdrywe oor seks en pornografie; die dissiplinêre gevolge van die gebruik van sosiale media; bestuur van persoonlike reputasies en handelsmerke op sosiale media; gesondheids- en sosiale media en aanlynveiligheid.

Om jou plek te verseker, besoek: <https://bit.ly/CSLEECsocialmediatalk>.