Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
"Die Swart Gevaar" – ʼn (onvoltooide) toneelstuk vir Stellenbosch
Begin: 01/10/2020, 18:00
Einde: 01/10/2020, 19:30
Kontak:Dr André Gerber - 0218089636
Plek: Online (Microsoft Teams)

Die Drama Departement van Universiteit Stellenbosch bied aan "Die Swart Gevaar" – ʼn (onvoltooide) toneelstuk vir Stellenbosch

DATUM | 1 Oktober om 18:00

PLEK | Aanlyn op Microsoft Teams

RSVP deur hier te kliek en die vorm in te vul


Aan die begin van 2020 het die Drama Departement van Universiteit Stellenbosch ʼn jong turk van die teaterwêreld, Jefferson Tshabalala, aangestel om  ʼn nuwe toneelstuk met die studente van die departement te ontwikkel. Kort ná die proses aan die gang gesit is, het die COVID-19-pandemie die wêreld en die kreatiewe proses tot stilstand gebring. Die Drama Departement in samewerking met die regisseur, geselskap en tegnici bied nou die geleentheid om hierdie ontwrigte proses te voltrek. In hierdie intermediale en hibriede performance, gevolg deur ʼn paneelbespreking met die betrokkenes, word daar oor die proses, uitdagings en geleenthede van die skeppingsproses van Die Swart Gevaar gevoer. Die geselskap sal uittreksels van hierdie teks aanbied om gesprekke en debat rondom die temas van die toneelstuk te ontlont. Die relevante temas van ons tyd wat in hierdie produksie aangespreek word, sluit in ras, xenofobie, onderdrukkende sosiale hiërargieë en strukture, othering, Grond, erfenis, herkoms, familie en lojaliteit. Die metodes en benaderings wat in teaterskepping gebruik word, sal onder andere ook as besprekingspunt dien, sowel as hoe hierdie kreatiewe prosesse in die uiteindelike (onvoltooide) produksie toegepas is.


Kliek hier om te RSVP en om die uitnodigingskakel na die Microsoft Teams vergadering te ontvang.​

REGISSEUR EN FASILITEERDER | Jefferson Tshabalala

STUDENT-FASILITEERDERS | Robert Hindley, Kirsty Nel

VERHOOGBESTUURDER | Kyra Alberts

ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER | Emma Daly

GESELSKAP | Jodi Beebee, René Cloete, Johannes Dippenaar, Jennifer Fish, Adriaan Havenga, Gabriella Horn, Abigail Jonkers, Ané Koegelenberg, Wynand Kotzé, Twinky Marule, Zandelle Meyer, Manjomane Mhlongo, Tsholofelo Tshilwane, Cole Wessels

PANEELBESPREKINGSLEIER | Dr Andre Gerber