Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
LaunchLab bied gesprek met Steve Blank aan
Begin: 16/09/2020, 17:00
Einde: 16/09/2020, 18:00
Kontak:Josh Romisher - -
Plek: Online / Aanlyn

Die LaunchLab nooi jou uit na 'n gesprek met Steve Blank, waar entrepreneurskap en alles wat daarmee verband hou, bespreek sal word. Dit vind plaas op Woensdag, 16 September, van 17:00 tot 18:00.

Steve is die vader van product-market-fit en het die Lean Startup Methodology ontwikkel wat deur Eric Ries in sy boek beskryf is. Hierdie model vir die bou van maatskappye is die fondament waarop Silicon Valley gebou is en is deur duisende ventures in hul vroeë stadium van ontwikkeling gebruik. Om daarvan te hoor van die stigter self, is 'n skaars geleentheid.

  • Registreer om hierdie geleentheid by te woon deur hier te kliek.