Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aanlyn kommunikasie met skop
Begin: 20/10/2020, 09:00
Einde: 17/11/2020, 10:30
Kontak:Michelle Pieters - 0218082812
Plek: Online

Hierdie aanlyn kortkursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, bied ʼn eersteklas inleiding tot die verkopetregter (ook bekend as die kopertregter) en die rol wast die verskillende bemarkingskanale kan speel in die verkoopsproses.

Die praktiese en interaktiewe benadering bied ʼn eersteklas inleiding tot die verkopetregter (ook bekend as die kopertregter) en die rol wast die verskillende bemarkingskanale kan speel in die verkoopsproses.

Dit sal eienaars van klein- tot mediumgrootte sakeondernemings toerus met die vaardighede om doeltreffend te kommunikeer deur die verskeie digitale bemarkingskanale wat beskikbaar is, in te span. In hierdie kursus sal jy –

·       leer hoe belangrik die korrekte taalgebruik is om tot jou teikenmark te spreek;
·       ʼn kliënteroete uitwerk vir ʼn sleutelgehoor in jou spesifieke soort onderneming;
·       jou kliënteroete in ʼn verkopetregter omskep en begelei word om ʼn gestruktureerde raamwerk hiervoor te skep;
·       leer watter kanale van toepassing is om sigbaarheid aanlyn te bewerkstellig;
·       leer hoe om voornemende kliënte te lok om met jou onderneming, handelsmerk of produk wisselwerking te hê;
·       leer hoe om jou aanlyn gehoor in betalende kliënte of kopers te omskep;
·       leer hoe belangrik digitale bemarkingskanale is vir die bou van ʼn volgehoue verhouding met jou kliënte; en
·       beter verstaan watter meetinstrumente die beste is om te gebruik en te volg om jou planne te help rig.
Jy sal weggaan met ʼn raamwerk vir jou digitale kommunikasiestrategie wat jy in meer detail vir jou onderneming kan ontwikkel.

ʼn Sertifikaat van bywoning sal aan alle deelnemers uitgereik word.

Wie is die aanbieder?

Michelle Dobson, eienaar van MD Marketing Solutions, is ʼn vryskutbemarker met meer as 20 jaar se ervaring in bemarking en strategie- en handelsmerkontwikkeling. Lees meer oor Michelle hier: https://bit.ly/31Ee4oM

Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

Die kursus is gemik op diegene vir wie digitale bemarking nuut is en vir tradisionele bemarkers wat daaraan wil werk om doeltreffender aanlyn kommunikasievaardighede te ontwikkel.

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en alle aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal ʼn rekenaar moet hê wat ons aanlyn platform (MS Teams of SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.

Waar en wanneer vind dit plaas?

Hierdie is ʼn aanlyn kursus wat in die loop van 5 weke aangebied word met regstreekse aanlyn sessies op spesifieke datums en tye. Jy sal jou tyd as volg spandeer:

·       1,5 uur per week op ʼn regstreekse aanlyn sessie

·       3 uur per week op leeswerk, take of vasvra-take op eie stoom

·       3 uur om aktiwiteite en opdragte te voltooi

Die datums vir die regstreekse aanlyn sessies is as volg:

  • 20 en 29 Oktober en 3, 10 en 17 November van 09:00 tot 10:30

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812.

Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.​​​