Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Professionele kommunikasie
Begin: 09/11/2020, 10:00
Einde: 13/11/2020, 13:00
Kontak:Michelle Pieters - 0218082812
Plek: Online

Hierdie aanlyn kortkursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, bied ʼn inleiding tot die spesifieke kommunikasiekennis en -vaardighede wat ʼn mens nodig het om kommunikasieverwante take suksesvol en met selfvertroue af te handel.

As jy duidelike en praktiese riglyne soek om besigheidskommunikasie met selfvertroue aan te pak, dan is hierdie die kortkursus vir jou!

Na afloop van die kortkursus, sal jy:

·       boodskappe kan ontleed deur ʼn metode bekend as die vierkant-kommunikasiemodel in te span

·       die betoog in kommunikasieboodskappe kan herken en krities kan beoordeel

·       jou mondelinge aanbiedings selfs boeiender kan maak

·       vir effektiewer professionele gesprekke kan voorberei en hulle optimaal struktureer.

ʼn Sertifikaat van bywoning sal aan alle deelnemers uitgereik word.

Wie is die aanbieder?

Prof Carel Jansen is ʼn emeritusprofessor in Kommunikasie- en Inligtingstudies aan die Universiteit van Groningen se Fakulteit Lettere in Nederland. Hy is ook ʼn US Taalsentrum-navorsingsgenoot. Lees meer oor hom hier: http://bit.ly/31MnpJx

Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

As jy duidelike en praktiese riglyne soek om besigheidskommunikasie met selfvertoue aan te pak, dan is hierdie die kortkursus vir jou!

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal ʼn rekenaar moet hê wat ons aanlyn platform (MS Teams of SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld.

Waar en wanneer vind dit plaas?

Hierdie is ʼn aanlyn kursus wat in die loop van 1 week aangebied word met regstreekse aanlyn sessies op spesifieke datums en tye. Jy sal jou tyd as volg spandeer:

·       3 uur per week op 3 regstreekse aanlyn sessie

·       1 uur per week op leeswerk, take of vasvra-take op eie stoom

·       1 uur om aktiwiteite en opdragte te voltooi
 

Die datums vir die regstreekse aanlyn sessies is as volg:

  • 9, 11 en 13 November van 10:00 tot 13:00

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812.

Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.