Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Virtuele Loopbaanuitstallings
Begin: 21/07/2020, 05:00
Einde: 13/08/2020, 05:00
Kontak: -
Plek: Online/ Aanlyn

Met die uitbreek van die Covid-19 pandemie en die opskorting van klasse, is alle ander kampus aktiwiteite ook gekanselleer.

Dit het die jaarlikse Loopbaanuitstallings, georganiseer deur die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste (SSVO) ingesluit. Hierdie uitstallings word gewoonlik in markiestente op die Rooiplein aangebied.

Die Eenheid het egter saamgewerk met SAGEA (South African Graduate Employers Association) waarvan hulle 'n lid is, om Virtuele Loopbaanuitstallings aan te bied.

Wat aanvanklik onbekende terrein was het vinnig gegroei na 'n groot geleentheid, met 22 ander Suid-Afrikaanse tersiêre instellings, ongeveer 90 werkgewers en tot op datum meer as 20 000 studente wat daarvoor geregistreer het!

Die uitstalling sal 'lewendig' wees op drie verskillende datums: 21 en 29 Julie, en 13 Augustus.

Studente word aangemoedig om daarvoor te registreer by https://virtualgradexpo.easyvirtualfair.com/.

'n Demonstrasie van die uitstalling kan gesien word by https://virtualgradexpo.easyvirtualfair.com/DEMO/#!home..

Geen login is nodig nie, volg net die afwaartse pyltjie en kliek op elke groep.