Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#SmartResearcher Biblioteekwerkswinkels: Beplan en ontwerp
Begin: 21/01/2020, 17:00
Einde: 21/07/2020, 17:00
Kontak:Marié Roux - 9919
Plek: E-Classroom, Stellenbosch University Library

​​

Die #SmartResearcher opleidingsprogram van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is belyn met die navorsingsproses. Die eerste stap in die navorsingsproses is BEPLAN EN ONTWERP JOU NAVORSING.

Die Biblioteek nooi nagraadse studente en personeel uit na hierdie reeks werkswinkels, wat meestal in Februarie 2020 aangebied sal word. Die onderwerpe sluit in 'n algemene inleiding tot die Biblioteek vir nuwe nagraadse studente en personeel, werkswinkels oor hoe om inligting te vind, hoe om Google effektief te gebruik, literatuursoektogte, die literatuuroorsig en navorsingshulpmiddele.

Sien asseblief meer inligting en skakels na die registrasievorms onder Beplan en Ontwerp op ons #SmartResearcher webblad. 

​Bespreek nou om jou plek te verseker!​