Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
EBW-dekaansvergunningeksamen (DVE): riglyne
Begin: 24/01/2020, 09:00
Einde: 24/01/2020, 11:00
Kontak:Ms Nazli Daniels - 021 808 4837
Plek: Various venues / Verskeie lokale

Ten einde vir die DVE te kwalifiseer, moet jy as 'n voorgraadse finalejaarstudent geregistreer wees.

Ander fakulteite se finalejaarstudente wat EBW-modules volg, moet die DVE-riglyne nagaan wat van toepassing is in jou spesifieke fakulteit.

In die FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE geld die volgende reëls vir die Dekaansvergunningeksamen (DVE):

  • 'n Dekaansvergunningseksamen kan vir een enkele module toegestaan word, slegs indien dit die enigste module van hoogstens 48 krediete is wat die student kort om te gradueer én mits 'n finale punt van minstens 30 in die betrokke module verwerf is.
  • Studente wat vir programme in die Fakulteit Lettere geregistreer is, moet egter die reёls van die Dekaansvergunningeksamen (DVE) van daardie fakulteit volg.
  • Alle Dekaansvergunningeksamens word tydens 'n enkele eksamengeleentheid vóór die aanvang van voorlesings teen einde Januarie afgelê en geen verdere eksamen-vraestelle sal vir die doel van 'n Dekaansvergunningeksamen opgestel word nie.
  • Kontroleer jou uitslae na afloop van die November-eksamens en, indien jy wel kwalifiseer, onthou asseblief om so gou moontlik vir die DVE te registreer.
  • Registreer elektronies vir die DVE via die DVE-registrasieskakel (op die fakulteitswebwerf by www.sun.ac.za/ebw) teen 15 Januarie 2020.
  • Let wel:   Selfs al voldoen jy aan die vereistes vir die Dekaansvergunningeksamen (DVE), móét jy daarvoor registreer. Indien jy nie die registrasieprosedure volg nie, sal ons nie doeltreffende voorbereidings vir die aflegging van die DVE kan tref nie.

DATUM: Vrydag, 24 Januarie 2020

Die eksamen begin stiptelik om 09:00. Studente word versoek om 15 minute voor die aanvang van die eksamen by die lokaal aan te meld, d.i. om 8:45. Die eksamenlokale word hier onder gelys.

EKSAMENLOKALE:
Die eksamenlokale vir die dekaansvergunningseksamen op 24 Jan 2020 is:

Schumann Anneks 1027:         Departement Ondernemingsbestuur 

Schumann Anneks 2020:         Skool vir Rekeningkunde

CGW Schumanngebou 104:    Skool vir Publieke Leierskap EN die volgende departemente:
Ekonomie, Statistiek en Aktuariële Wetenskap, Logistiek en Bedryfsielkunde

Let wel:                                      Studente moet 15 minute voor die aanvang van die eksamen by die lokaal aanmeld, d.i. om 8:45.