Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Van die Aarde na die Maan openbare lesing
Begin: 01/08/2019, 17:30
Einde: 01/08/2019, 19:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: Mathematical Sciences & Industrial Psychology Building, Room 1005

In die gees van die Apollo-program en die vyftigjarige herdenking van die maanlanding, nooi die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe u na 'n openbare lesing waar wetenskaplikes, wiskundiges en ingenieurs gaan gesels oor die geskiedenis, die wetenskap en tegnologie agter dié program.

Die aanbieding vorm deel van die Nasionale Wetenskapweek en leerders is welkom om by te woon. 

Om die aand af te rond, is daar ook 'n spesiale vertoning van die dokumentêr, Apollo 11 om 20:00 by die Pulp Cinema in die Neelsie Studentesentrum.

Die geleentheid is gratis, maar RSVP by science@sun.ac.za om jou plek te verseker

Program:

Gasheer: Dr Gillian Arendse

In Fifteen Minutes: Dr Milton Maritz, Toegepaste Wiskunde-afdeling

As I Experienced It: Dr Pieter Maritz, Wiskunde-afdeling

The Rocket: Prof Hansie Knoetze, Departement Prosesingenieurswes

The Orbit: Dr Bruce Bartlett, Wiskunde-afdeling

The Computer: Prof Willem Visser, Rekenaarwetenskapafdeling

Moon lecture invite.png