Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tuiskoms 2019
Begin: 27/02/2019, 08:00
Einde: 04/03/2019, 21:00
Kontak:Marvin Koopman - 021 808 9265
Plek: Stellenbosch Campus

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Maties Alumni Tuiskomsnaweek is 'n geleentheid vir alumni om hul alma mater te besoek, met ou vriende te skakel, die US kampus te herleef en sommige van die Woordfees-aanbiedinge te ervaar.

Daar is ’n magdom netwerk-, diskoers-, sosiale, ontspannings- en sportgebeurtenisse wat van 27 Februarie tot 4 Maart 2019 as deel van Tuiskoms 2019 op ons skilderagtige Stellenbosch-kampus plaasvind. Jy kry die geleentheid om weer met ou vriende te netwerk, daardie wonderlike studentedae te herleef, en aan verskeie pret- en opwindende aktiwiteite in en om Stellenbosch deel te neem.

Naas ’n langtafelkuier vir alumni in Ryneveldstraat, is daar ook ’n Tuiskomskonsert op Coetzenburg met gewilde kunstenaars soos Karen Zoid, Dan Patlansky en Kahn Morbee (van die Parlotones). Ons beplan ook die grootste reünie ooit op die ikoniese Rooiplein. 

Teken die datum aan vir ons grootste reünie aandete op ons eie Rooiplein op Saterdag 2 Maart!

Verder het ons weer met die US Woordfees saamgewerk om vir jou ’n spesiale 10%-afslag op uitgekose Woordfees-vertonings te beding. Maak seker jy eis jou Matie-alumni-afslag wanneer jy vir die betrokke vertonings via Computicket bespreek (B’s & V’s geld).