Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gestremdheidsbewusmakings vir personeel
Begin: 05/11/2018, 13:00
Einde: 26/11/2018, 14:00
Kontak:Lizelle Ferus - 021 808 9396
Plek: Den Bosch

Sluit aan by ons Eenheid vir Gestremdhede vir `n reeks middagete (13:00 - 14:00) besprekings rakende die insluiting van persone met gestremdhede op die kampus.

 

Hierdie werksessies vind  op die volgende datums plaas: 5, 12, 19 en 26 November 2018 te Victoriastraat 39, Den Bosch.

 

Die gestremdheidsbewusmakings werksessies fokus op die bevordering van insluiting in ons omgewings en bespreek temas soos diskriminasie gebaseer op validisme, universele ontwerp en progressiewe realisering.

 

Bywoning is gratis. Om te registreer en vir meer inligting, kontak disability@sun.ac.za.

Dui asseblief enige toeganklikheids behoeftes aan.


Kliek hier vir volledige program