Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vierde Russel Botman Gedenklesing
Begin: 18/10/2018, 18:30
Einde: 18/10/2018, 21:30
Kontak:Helette van der Westhuizen - 021 808 9560
Plek: Adam Small (HB Thom) Theatre, 15 Victoria Street, Stellenbosch

Dr Marlene le Roux, hoof uitvoerende beampte van die Artscape Teater, is die spreker by die jaarlikse Russel Botman Gedenklesing. Die lesing ter herinnering aan die lewe van prof Botman, word jaarliks aangebied deur die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) in samewerking met die US afdeling vir Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, die kuratoria van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika, die Nederduitse Gereformeerde Kerk, en die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie.

·         Die geleentheid vind plaas op Donderdag, 18 Oktober 2018 om 19:00 in die Adam Small (HB Thom) Teater in Victoriatraat 15, Stellenbosch. Ligte verversings word vanaf 18:30 bedien.

Vanjaar val die klem op Prof Botman se liefde en waardering vir die Kunste, en die titel van Dr Le Roux se lesing is “Van Brutaliteit tot Hoop". Die Stellenbosch Libertaskoor sal 'n uitvoering lewer en die ontvangers van die Russel Botman Beursfonds word ook aangekondig.

Russel Botman is in 2000 by die US aangestel as professor in die Departement Praktiese Teologie en Missiologie. Hy was ook die stigter van die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie. In 2002 is hy aangestel as Viserektor: Onderrig en in 2007 word hy aangestel as die US se eerste swart rektor en visekanselier. Onder sy visioenêre leierskap is die HOOP Projek in 2010 geloods, met die klem op sosiale relevansie, gelyke geleenthede en akademiese en navorsings-uitnemendheid. Visie 2030 wat in 2013 aanvaar is, is deel van sy nalatenskap: met die oogmerk dat die US ʼn innoverende, inklusiewe en toekomsgerigte instelling sal wees.

Russel Botman is onverwags op 28 Junie 2014 oorlede.

·         RSVP by Helette van der Westhuizen tel 021 808 9560 of per e-pos by hvdwest@sun.ac.za om bywoning te besvestig. Almal is welkom!