Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ʼn Huldeblyk aan die oorspronklikes – liedere van hoop
Begin: 20/07/2018, 18:00
Einde: 20/07/2018, 21:00
Kontak:Mawethu Nyakatya -
Plek: Fismar Hall

​Die uitgangspunt van hierdie projek is die gebruik van kreatiewe praktyk – musiek – as ʼn instrument om die diverse Stellenbosch-gemeenskap byeen te bring in ʼn huldeblyk aan twee inwoners vir hul opoffering in die stryd om vryheid in hierdie land. “Waar woorde te kort skiet, praat musiek,” was die woorde van digter Hans Christian Andersen. Ons sal nooit heeltemal kan verstaan wat Peter Mayekiso en Samson Msemme Setona deurgemaak het tydens hul gevangenskap op Robbeneiland nie, maar ons kan hul opoffering bekragtig.

Peter Mayekiso en Samson Msemme Setona ​, inwoners van Kayamandi, Stellenbosch, was onder die eerste politieke gevangenes wat na Robbeneiland geneem is vir politieke aktiwiteite. Hul storie is grootliks onvertel en onopgeteken, hul opoffering onwaardeer en onerken. Hul storie is verlore in die skeure en verskuiwingslyne wat ons dorpe en stede op grond van geskiedenis, klas, ruimtebeplanning en alle kunsmatige dinge verdeel, tog is die ironie dat hul gevangenskap plaasgevind het ter wille van ideale van nierassisme, verbondenheid, eenheid, gemeenskap en vryheid.

Om hierdie mans te vereer, bring ons een van die bekendste jazz-kunstenaars, Herbie Tsoaeli, en sy African Time Quartet na Stellenbosch om op te tree en verering, genesing, hoop en gemeenskap deur klank te kontekstualiseer. Herbie Tsoaile het die statuur, gravitas, talent en vernuf om die belang van die projek asook die rol van kreatiwiteit en musiek as instrumente om genesing en gemeenskapsbou in die hand te werk, te verstaan.​

 

Hierdie inisiatief is 'n vennootskap tussen die Universiteit Stellenbosch en die Stellenbosch Akademie vir Ontwerp en Fotografie​.​