Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mandelaweek: Kylemore gesamentlike gemeenskapsgeleentheid
Begin: 25/07/2018, 12:00
Einde: 25/07/2018, 14:00
Kontak:Michelle Pietersen -
Plek: Kylemore High school / Kylemore Hoërskool

​Studente en personeellede van die Universiteit Stellenbosch (US) sal weer Nelson Mandela Internasionale Dag met verskeie projekte en inisiatiewe vier. Aktiwiteit skop af in die week van 18 Julie, maar die meeste vind plaas in die week van 27 Julie wanneer studente terug is op kampus.

Aktiwiteite bereik ʼn hoogtepunt met ʼn gesamentlike gemeenskapsgeleentheid in die Kylemore-omgewing op 25 Julie.
 ʼn “WOW Debatfees”, ʼn bewusmakingsgeleentheid oor gesondheid, ʼn sportdag aangebied deur Maties Sport en  ʼn “Amazing Reading Race” – ʼn prettige program met die oog op bewusmaking vir die belangrikheid van lees met spoed en begrip – is op die spyskaart.

Ons wil graag 'n uitnodiging aan personeel en studente uitreik om plaaslike sake by die geleentheid te ondersteun. Daar sal vetkoek, boereworsrolletjies en koeksisters beskikbaar wees. Bring asseblief kontant saam.

eye-with-eyelash.png Klik hier​ vir die volledige program


Hoërskool Kylemore​

Adres​: 32 Brandtstraat, Kylemore, 7608
Foon: 021 885 1341 

pin.png Kaart en aanwysings na Hoërskool Kylemore​​​