Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ope vergadering: Tabakvrye FGGW-kampus
Begin: 03/08/2018, 13:00
Einde: 03/08/2018, 14:00
Kontak:Carine Smalberger -
Plek: JN de Villiers-raadsaal / Boardroom

Uitnodiging na 'n ope vergadering oor 'n tabakvrye FGGW-kampus – 3 Augustus 2018 (13:00-14:00)

​Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch  wil 'n mensgesentreerde institusionele kultuur kweek, wat die bevordering van gesondheid en welwees insluit. Die fakulteit het 'n verantwoordelikheid om 'n gesonde en veilige omgewing vir sy personeel en studente op kampus te skep.

In wese poog die FGGW om die gesondheid, welwees en lewenskwaliteit van alle mense te ondersteun en te bevorder. Dit behels ook die aanmoediging van 'n gesonde leefstyl, wat nie rook of die gebruik van tabak of ander dwelmmiddels insluit nie.

Die FGGW streef daarna dat sy personeel en studente as agente vir verandering in die samelewing optree. Met dié doelwit in gedagte het die Dekaan se Bestuurspan, in oorleg met die Fakulteitsraad en met die goedkeuring van die Rektor se Bestuurspan, besluit om die FGGW-kampus 'n tabakvrye omgewing te maak. Die implementeringsdatum is 1 Januarie 2019.

Personeel en studente word uitgenooi na 'n ope geleentheid in die JN de Villiers-raadsaal op 3 Augustus 2018 vanaf 13:00 tot 14:00 waartydens die Dekaan die beoogde regulasies vir 'n tabakvrye kampus sal bespreek.